GRAAFF-REINET NUUS - Die Graaff-Reinet Polisie het van Donderdag 28 Augustus tot Dinsdag 3 September bewys dat inbrekers en diewe hulle nie gaan ore aansit nie.
Geweldsmisdadigers moes ook afkoel in die polisieselle.
Graaff-Reinet
Sewe inbrekers, drie diewe, 'n veedief en 'n winkeldief is toegesluit. So het 'n rower homself ook teen die lang arm van die gereg vasgeloop.
Vir dwelmhandelaars was daar ook min genade, toe vyf van hulle hulself agter in vangwaens bevind het.
Ses vermeende aanranders en een persoon wat gewelddadig ander se eiendom beskadig het, is ook voor die hof gedaag.
Sewe mense wat te veel alkohol ingeneem het is ook selle toe.
Aberdeen
Een persoon moet sy beweerde oortreding van die kriedietwet verduidelik en vyf ander is vir dronkenskap toegesluit.
Vonnisse
Aanranding ernstig: drie maande gevangenisstraf.
- Diefstal: R1 500 boete met 'n keuse van drie maande gevangenisstraf.
- Huisbraak en diefstal: ses maande gevangenisstraf, opgeskort vir twee jaar.
- Besit van mandrax: R1 300 boete of dertig dae gevangenisstraf.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'