GRAAFF-REINET NUUS - Die Dr Beyers Naudé-munisipaliteit se direkteur van gemeenskapsdienste, Gewnynne Hermanus, en sy span het Maandag 11 Desember begin om die hoofstrate in Graaff-Reinet se stopstrepe oor te verf.
Die speaker van die munisipaliteit, Cheslin Felix, het ook ingespring om te help met die verfwerk. Volgens Hermanus is dit eintlik Sanral se verantwoordelikheid om die strepe te verf, maar hulle het aangedui dat hulle dit eers in Januarie volgende jaar sal kan doen.
"Ons kan nie bekostig dat daar ongelukke plaasvind as gevolg van onduidelike stopstrepe nie," sê Hermanus. "Die speaker was werklik bekommerd hieroor en daarom het ons besluit om self die strepe duideliker te verf."
Hy verduidelik dat hulle nie in die dag kan werk nie omdat die paaie alreeds begin besig raak en daarom sal hulle in die aande werk wanneer dit stiller is.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’