Video
KAROO NUUS EN VIDEO - Die bekroonde radio-omroeper, Amoré Bekker, het gister, 8 September by Cradock Voorbereidings opgetree.
Sy is deur die Elizabeth Jordaan tehuis genooi.
Sowat 200 dames het die spoggeleentheid bygewoon. Melina Smit het vooraf as gaskunstenaar opgetree. Bekker se praatjie het gehandel oor vroue, kos en God, en sy het vroue aangemoedig om weer die kind in hulself te vind en met passie te leef.
VIDEO - Teresa Opperman voer 'n onderhoud met Amoré Bekker (Video: Teresa Opperman).
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’