GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet se Botanies Tennisklub het vroeër die maand 'n toernooi aangebied om fondse in te samel vir die opknapping van hul tennisbane.
Spanlede was reeds 8.45 by die klubhuis vir heerlike verversings, en om 9vm het die aksie afgeskop.
Sewe spanne was ingeskryf in die A-liga en vier spanne in die B-liga.
Die toernooi is ook ondersteun deur spelers van omliggende klubs soos Murraysburg, Nieu-Bethesda en selfs Fort Beaufort.
Abie Nel en spanmaat Percy Reynolds het in die B-liga finaal teen Cullen Marais en Christiaan Marinkovich te staan gekom. Tara Ferreira was Marais se spanmaat vir die finale wedstryd. Nel en Reynolds was as die wenners van hierdie met 8 - 3.
Die A-liga finaal was tussen Etienne von Solms en spanmaat Roelof Liebenberg, en Philippie Wolfaardt en spanmaat Petrie van der Merwe. Dit was 'n gelykop-stryd, met die telling 2 - 6, 6 - 2 en uiteindelik 7 - 5 in die guns van Von Solms en Liebenberg. Beide is lede van die Botanies Tennisklub.
"Baie dankie aan die organiseerder Bollie du Piesanie, asook al die spelers wat ons dag ondersteun het," het die klub in 'n persverklaring gesê.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'