GRAAFF-REINET NUUS - Oudleerders van die Hoër Volkskool staan beslis nie terug vir hul eweknieë by groter skole in Suid-Afrika nie en blink uit in hul tersiêre opleiding en ook in die beroepswêreld.
Dié skool het pas sy nuutste mediese dokter opgelewer toe Adrian van Niekerk, wat in 2015 hier gematrikuleer het, sy doktersgraad aan die Universiteit van die Vrystaat (Kovsies) behaal het.
Adrian het met behulp van ‘n Rupert-beurs gestudeer en gaan vir die volgende twee jaar sy prakties by die Livingstone-hospitaal in Port Elizabeth doen.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'