Gallery
ABERDEEN NEWS - Einde Januarie was die eerste Aberdeen VLV-byeenkoms vir die jaar by die Aberdeen Klub aangebied.
Vir die opening vra Lea van der Vyver lede of hulle die nuwe jaar met vrees of met geloof binne gegaan het.
Die Bybel leer ons dat ons op God se beloftes kan vertrou, al lyk die realiteite donker.
Ons moet ons geloof versterk deur gereeld Bybel te lees om God en Sy beloftes beter te leer ken.
Die fokus van die vergadering wass op Openbare Sake en sameroeper Suzanne Lategan het twee sprekers gereël om inligting te deel.
Jannie Schoeman, verhoudingsbestuurder: Besigheidsbank van ABSA op Graaff-Reinet, vertel meer oor die diens wat die bank aan boere verleen.
Hy word vergesel deur assistant Jer Nortjé.
Schoeman verduidelik dat die bank ‘n vennoot in die boer se besigheid wil wees.
Hulle besoek boere en bespreek breedvoerig persoonlike en die besigheid se finansiële sake en behoeftes sodat beplanning gesamentlik kan plaasvind.
Morné Nel van Aberdeen Brandweer gee lede toe ‘n deeglike oorsig oor die moets en moenies van brande in die huis en op die plaas.
Die passie vir sy werk was duidelik en het op almal ‘n indruk gemaak.
Nel het die belangrikheid om kalm te bly en reg op te tree in geval van enige brand beklemtoon.
Dit is belangrik dat die brandweer so gou moontlik ontbied word.
Tydens die vergadering word Cornelia Cronje as nuwe lid verwelkom.
Suzanne Lategan, Elna van Niekerk, Anchen van Schalkwyk met verjaarsdagmeisie Anke (1), Brandweerman Morné Nel, Lea van der Vyver, Jean Watermeyer, Karen van Rensburg, Annalie Lategan, Carina Esterhuizen, Elise Steynberg en Cornelia Cronjé.
Haar kunstige studentedogter, Anje Cronje, wys aan lede haar pragtige potloodsketse wat sy tans vir ‘n uitstalling in Johannesburg maak.
Alhoewel geen lid in Januarie verjaar het nie, was dit die eerste verjaarsdag van kleinding Anke van Schalkwyk, dogterjie van Anchen van Schalkwyk wat die vergadering saam bygewoon het! Anje Cronje wen die gelukkige trekking van die dag.
Die vergadering word afgesluit met heerlike wafels en vrugte wat Elna van Niekerk en Elise Steyberg voorsien het.
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'