ABERDEEN NUUS - Met die aanbreek van die Kersseisoen het die Aberdeen VLV-tak die plaaslike ouetehuis besoek met ‘n Kersfees bederf.
Lede het almal heerlike tuisgemaakte eetgoed saamgeneem sowel as ‘n geskenk vir elke inwoner.
Lea van der Vyver lewer toe ‘n Kersboodskap uit die Woord wat vertel van Jesus se almag en krag en die lewe en hoop wat deur Sy dood aan die kruis vir ons beskikbaar is.
Donnie Erlanck, voorsitter van die Inwonerskomitee, bedank toe die VLV vir die besoek en spreek seën oor elke lid uit.
Daarna is daar gesmul aan die heerlike eetgoed en die spesiale oggend word afgesluit met die uitdeel van geskenke.
Die Aalwynhof-inwoners en VLV-lede rondom die tafel gelaai met eetgoed en Kersgeskenke tydens die lewering van die Kersboodskap deur Lea van der Vyver
Elna van Niekerk oorhandig geskenke aan twee Aalwynhof inwoners.
Estelle van Wyk, Jean Watermeyer, Elna van Niekerk en Elise Steynberg maak tafel reg.
'Ons bring jou die nuutste Aberdeen, Karoo nuus'