ABERDEEN NUUS - Die bekende 1952-brug oor die Kraairivier in Hoopstraat, Aberdeen het op Dinsdag 23 Mei 'n nuwe baadjie gekry te danke aan die inisiatief van 'n inwoner, gewillige hande en oop harte van inwoners.
Zettie Darries, 'n bedrewe en vernuftige verfkontrakteur in Aberdeen, was die dryfveer agter die inisiatief. Hy sê dat hy nie langer kon toekyk hoe die brug, wat daagliks deur talle Aberdeners gebruik word, so oor die muur lyk nie.
Die brug is op die hoofroete tussen Aberdeen en Klipplaat/Jansenville. Dit is ook die hoofver-binding tussen Aberdeen se drie woongebiede, Aberdeen-dorp, Lotusville en Thembalesizwe, met 'n magdom mense wat daagliks heen en weer daaroor pendel.
In spontane samewerking het Darries, Rolavian Jackson, Elandre Heynse, Shaidon von Willing, Cornelia Cronjé (koördineerder) en die eienaars van Manakwa Selfsorg en Made in Aberdeen (skenkers van verf) saamgespan om die brug 'n nuwe baadjie te gee.
Darries het ook reflekteerders bekom en aangebring om sigbaarheid te verbeter. Voorts het die span die nege afvoerpype by die brug skoongemaak om behoorlike dreinering te verseker. Darries en sy span het in 2019 ook die brug geverf.
Van link is Rolavian Jackson, Zettie Darries, Elandre Heynse en Shaidon von Willing.Foto: Alex Lombaard
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’