KAROO NUUS EN VIDEO - Derick van Rensburg het vandag, 16 Mei, behoorlik 'n uitdaging gehad om by hul plaashuis op die plaas Wynberg in die Aberdeen-distrik uit te kom ná die naweek se hewige reën.
Die gewone roete is heeltemal verspoel. Twee alternatiewe roetes op die plaas het ook verspoel. By die laaste opsie het hy besluit, "hier moet ek vandag deur; die huis roep".
Nadat sy voertuig behoorlik modder geploeg het, kon hy homself en die 4x4-voertuig uitgetrek kry, net om daarná vas te stel dat drie van sy en sy vrou, Umelda, se opgaarplaasdamme se walle gebreek het oor die naweek. Maar soos Umelda sê: "Dit help nie om nou te huil nie - dis water onder die brug en die walle is klaar gebreek. Ons kan nie vasval nie; ons moet vorentoe!"
VERSKAFDE VIDEO ( Beeldmateriaal: Derick van Rensburg):
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’