GRAAFF-REINET NUUS - Diskonto Boeke besoek Laer Volkskool op Donderdag, 24 Mei en Vrydag, 25 Mei.
Diskonto Boeke stel reeds sedert 1992 kinders bekend aan die vreugde van lees deur skole en biblioteke landswyd te besoek met hul groot verskeidenheid boeke, oor ’n verskeidenheid onderwerpe, wat hul teen lae pryse te koop aanbied.
Dié week se reuse boekuitstalling by Laer Volkskool sal boeke van kinder-, jeug-, naaldwerk- en kookboeke tot volwasse fiksie en nie-fiksie insluit.
'n Wye verskeidenheid engelse boeke sal ook beskikbaar wees. Daar sal ook heelwat winskopies beskikbaar wees.
Alle boekwurms word aangeraai om die uitstalling te besoek.
Diegene wat meer inligting verlang kan Jan Venter skakel by 082 893 8266.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'