MIDDELBURG NUUS — Voor-verlede naweek, 3 en 4 Februarie, het Middelburg hul jaarlikse skou gehou.
Die verrigtinge is afgeskop op Vrydag, 3 Februarie, met 'n Jeugskou. Hier het 21 ruiters van die van die OP Jeugskouklub deelgeneem. Die Merino-skou gehou op die dag was ook baie suksesvol en die organiseerders hoop vir nog 'n groter deelname volgende jaar.
Die naweek se perde-program het om 2nm begin en met baie meer perde as voorheen het dit groot vermaak aan die toeskouers verskaf Verskeie ruiters het deelgeneem en die jonger ruiters kon deelneem in klasse wat geskik was vir hul ouderdom. Mia Blaauw (2) was die jongste ruiter. Die perde kon ook deelgeneem het aan klasse waarin hulle spesialiseer.
Die skou bied eindelose ontwikkelings-moontlikhede vir ruiters. Talle nuwe ruiters was in die baan en daar word gehoop om in 2017 nog meer ruiters te sien.Die Jiddan-klas wat Vrydagaand gehou is, is ‘n 5-gang klas waaraan net die bestes deelneem. Dié skild is die jaar huistoe geneem deur Fanie Van Aardt (Somerset-Oos) en sy perd Metalica. Fanie Van Aardt met Metalica was ook die Saalperd 5-gang Kampioen van die skou!
Die Boerperd 5-gang Kampioenskap is gewen deur Elmaro Stander met Smallie’s Bobby.
Die organiseerders bedank graag al die vertoners wat die skou ondersteun het. ‘n Spesiale woord van dan kook aan die beoordelaar, Jakkie Erasmus.
Na ‘n baie mooi Jiddan-klas was dit tyd vir die jaarlikse perdboeresport wat al vir die afgelope vyf jaar plaasvind. Die boeresport was groot pret vir beide die toeskouers en die ruiters.
Vrydagaand het Shared Address opgetree by die ete en kon skougangers ‘n heerlike steak geniet met goeie musiek! Daarna het ‘n platejoggie musiek gemaak en kon almal die aand om dans. Saterdag om 10vm het 10 motorfietsryers met hul brulperde deelgeneem aan die 40km grondpad “Bike Fun Ride”. Pryse is geborg deur Nulandis Elgin en Tim Jones.
Saterdag het die perdeprogram voortgegaan en die Boerbok-skou is aangebied. Ongeveer 100 Boerbokke is vertoon. Saterdagmiddag was daar ‘n masjien skeer karretjie demonstrasie aangebied deur Luané Stapelberg van OVK/CMW waartydens toeskouers meer kon leer oor skaap skeer en klas. Die perde was afgesluit met baie goeie kampioenskap-klasse en die toeskouers het dit baie geniet. Saterdagaand is weer afgesluit met ‘n heerlike ete en musiek vir diegene wat nog wou dans tot laatnag.
Die skoukomitee wil graag van dié geleentheid gebruik maak om die volgende borge te bedank: Celtis Gastehuis, Cipla, Karoo Country Inn Hotel, Pierre Sykes, GDE Leather, Rolf Lab, MSD, RA Meintjies, Nulandis Elgin, Tim Jones, Swavet, BKB en OVK/CMW. Die naweek van 2 en 3 Februarie 2018 is reeds geoormerk vir volgende jaar se skou!
PJ Slabbert oorhandig die Jiddan trofee aan Fanie van Aardt (met Metalica) van Somerset-Oos. Foto: Johanette van Heerden
'We bring you the latest Middelburg, Karoo nuus'