GRAAFF-REINET NUUS — Die afgelope naweek het Hoër Volkskool se Leerlingraad van 2017 aan 'n spanbou geleentheid deelgeneem in Cradock.
Hier het hulle, onder andere, op binnebande by 'n sterk vloeiende Visrivier afgedryf.
Die rivier - wat na goeie reëns sterk afgekom het - se malende water het 'n paar van die leerders se deursettingsvermoë op die proef gestel, maar het ieder en elk hul staal gewys en die aktiwiteit deurgesien.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'