GRAAFF-REINET — Volkskool-oudskoliere kan hul regmaak vir 'n heerlike samekoms oor die naweek van Vrydag, 11 Augustus en Saterdag, 12 Augustus.
Tydens dié paar dae kom reüniegroepe wat oor die afgelope 50 jaar híér skoolgegaan het byeen.
Die reünies val saam met Volkskool se jaarlikse kragmeting teen Union waarin dié twee skole mekaar in onder andere hokkie, tennis en rugby die stryd aansê.
Oudskoliere wat nog nie inligting rondom hul reüniebyeenkomste ontvang het nie, word gevra om asseblief met die skool in verbinding te tree.
Die reünienaweek sal soos oudergewoonte afskop met die jaarlikse gala-aand by die skool se swembad en word 'n uitnodiging gerig aan ieder en elk wat graag die geleentheid sal wil meemaak.
Groepbesprekings is welkom.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'