GRAAFF-REINET NUUS — Die Graad 12 Toerisme-leerders van Asherville Sekondêre Skool, het 'n opvoedkundige toer na George en Oudtshoorn gedurende die pasafgelope wintervakansie onderneem.
Plekke soos die George-lughawe, die Red Berry-aarbeiplaas, die Wilgewandel Pretplaas asook die wêreldbekende Kongogrotte is besoek.
Gedurende hierdie toer is waardevolle inligting met leerders gedeel wat beslis blywende herinneringe sal laat!
Die leerders rig graag 'n opregte woord van dank aan die skoolhoof en SBL vir die positiewe insette sowel as die onderwysers wat die toer meegemaak het en Belinda Botha wat die dryfveer agter die inisiatief was!
Laastens word daar groot waardering uitgespreek teenoor die borge wat die toer so mildelik ondersteun het.
Die Asherville-leerders by die Wilgewandel Pretplaas.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet nuus'