MIDDELBURG NUUS — Wat is nou lekkerder as gebraaide snoek en soet patats?
Op 23 en 24 Junie hou die NG Gemeente Middelburg Karoo in samewerking met Wellington-Oos, hul jaarlikse Snoekfees by die Klaassensaal.
Donderdag, 22 Junie, skop die naweek reeds af met ‘n wynproe om 5.30nm - kaartjies kan teen R60 per persoon by Willem Olivier (0837025218) bekom word.
Vrydagaand is daar ‘n heerlike aansit-snoekete teen R80 per persoon en Saterdag gaan die verrigtinge voort met ‘n vrolike kermis!
Moenie die smaaklike vars en gerookte snoek, soetpatats, vars groente, wyne, ingelegde produkte, poedings, pannekoek, tee tuin en droë vrugte mis nie!
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'