GRAAFF-REINET NUUS— Maandag, 5 Junie, het verteenwoordigers van SANParke die leerders van Graaff-Reinet Primêr besoek en toegespreek met die fokus op Wêreld Omgewingsdag.
Die klem van hul boodskap is geplaas op die belangrikheid van herwinning.
Na afloop van die praaitjie het die Graad 7-leerders, elkeen beman met 'n leë vullissak, begin om herwinbare items op die skoolterrein en omliggende omgewing op te tel.
Leerders het ook deelgeneem aan 'n kompetisie om die beste plakkaat te ontwerp.
'Ons bring u die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'