JANSENVILLE NUUS — Jansenville se plaaslike polisie, tesame met die Gemeenskaps Polisiëring Forum en die Slagoffer Ondersteunings Sentrum, het die Nasionale Polisiedag saam met die bejaardes van Huis Welverdiend, gevier.
Die dag is afgeskop met skriflesing en gebed waarna die geskiedenis van die SAPD verduidelik is.
Daarna het die polisiebeamptes saam met die bejaardes vir 'n pretloop gegaan in die dorp wat die hoogtepunt van die dag was.
Die bejaardes en lede het dit terdeë geniet. Daarna het die polisie administratiewe takies vir die bejaardes verrig soos die afneem van verklarings en die sertifisering van dokumente. Daarna was dit etenstyd.
Die bejaardes is toe deur die lede bedien.
'Ons bring jou die nuutste Jansenville, Karoo nuus'