GRAAFF-REINET NEWS — Die dames van die Graaff-Reinet VLV is na hul mees onlangse vergadering weer op datum met die nuutste verwikkelinge op die noodhulp front.
Die lede weet nou van oppas vir val en om van al die los matjies in die huis ontslae te raak.
Bere al die gif en parafien hoog buite bereik van kinders. Hou die fone altyd byderhand en onthou die nood nommer 10177 vir landlyne en 112 vir alle selfone in geval van nood.
Die VLV bedank graag vir Proppie Truter van die Oos-Kaapse Ambulans Opleidingskollege vir ‘n leersame en baie interessante praatjie.
Dank word ook betuig aan al die paramedici wat altyd daar is om die gemeenskap by te staan.
Die volgende VLV-vergadering vind plaas op 19 Junie om 2.30nm by die AGS-kerksaal in Cloetestraat.
Diegene wat graag meer inligting verlang is welkom om die takvoorsitter Lieze Geldenhuys by 049 891 0329 te kontak.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'