GRAAFF-REINET — Dit is weer tyd vir die NG Grootkerk-gemeente se jaarlikse kerkbasaar.
Die basaar vind plaas op Saterdag, 8 Junie, op die kerkterrein in Graaff-Reinet en begin om 8vm.
Baie eetgoed is sal te koop wees met onder andere die gewone pannekoeke, boereworsrolle en kerrie-en-rys wat beskikbaar sal wees.
Deurentyd sal daar ook 'n vlugbal- en talentkompetisie gehou word.
Kom probeer ook die kerk se brêkvisburgers, potjiekos, braaivleis en basaarpoedings.
Daar sal ook heelwat tuisgebak, groot koeke, terte, beskuit en kleinkoekies te koop aangebied word. ‘n Teetuin gaan ook bedryf word waar Graaff-Reinetters kan ontspan met koffie of tee en ‘n soet- of southappie daarby.
Moet ook nie die immergewilde kindertafel vergeet nie - hier sal heerlik lekkergoed vir die kleingoed verkoop word met gesigverf en 'n springkasteel om hulle besig te hou.
Vanjaar is daar ook ‘n vleistafel beskikbaar waar tuisgemaakte boerewors en allerlei vleissnitte teen billike pryse te koop sal wees. ‘n Witolifanttafel sal jou verseker van winskopies en is daar ook hierdie jaar 'n barmhartige 'uitdeel-tafel'.
Hierdie basaar is jaarliks 'n fees en is dit ook die eerste geleentheid waar Ds Ben van Tonder - die gemeente se nuwe leraar - betrokke sal wees.
Vir navrae, skakel die kerkkantoor by 049 892 2422. Bestellings kan voor die tyd geplaas word vir worsrolletjies en vleis.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'