GRAAFF-REINET NUUS — Erma Voigt van die Camdeboo Sterilization Initiative in Graaff-Reinet het Saterdag tydens die Karoo-lus Fees 'n hondekompetisie aangebied.
Wilna van Rooyen met haar hondjie Mienkie het hier die eerste plek gekry vir die mees modieuse brakkie.
Kort op hul hakke was Chevonne Prinsloo met Donimo in die tweede plek en Luanne Stapelberg met Stella in die derde plek.
In die 'Trots Suid-Afrikaanse'-afdeling het Zenobia Homveld met Max met die louere weggestap.
Later in die kompetisie is Wilna van Rooysen se hondjie Mienkie weer gekroon - die keer as die hond wat 'n Montego-lekkerny die beste kon opraps. Zenobia Homveld se Max het die tweede plek hier gewen en Jenica Piper se Thunder die derde plek.
Die titel van die mees innemende brakkie was dié van Angelika Strydom gedoop 'Lelik', gevolg deur Heinrich Blom se Peaches in die tweede plek.
Die 'Nifty Fifties'-titel vir die oues van dae is gewen deur Mark Blom se hond Jessie. Natalie Davenport se Zulu het die tweede plek ingeneem en Caroline Cairns se Gnasher die derde plek.
'n Jong deelnemer en haar hond.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'