GRAAFF-REINET — Nasionale Kaalvoetdag is op Vrydag, 12 Mei, gehou.
Laer Volkskool het die geleentheid gegryp om hierdie dag te ondersteun met deelname aan die projek.
Leerders kon kaalvoet skool bywoon in die koue net om die voorreg van 'n paar skoene opnuut te besef. Leerders is ook versoek om 'n paar skoene wat nie meer gedra word nie saam te vat skooltoe.
Talle skoene is ingesamel en sal aan behoeftiges versprei word.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'