GRAAFF-REINET NUUS — Die pas afgelope Vrydag, 10 Februarie, het Narsingstraat Primêr in Graaff-Reinet, fondse deur middel van 'n civvie-dag ingevorder.
Die opbrengs sal dien om die skool se fondse te styf.
Die leerders het die dag terdeë geniet en is die leerkragte dit eens dat ieder en elk pragtig uitgevat was in hul uitrusting vir die dag.
Die skool rig graag 'n woord van dank aan die ouers en leerlinge vir hul steun in die opsig en waardeer elkeen se bydrae gelewer.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'