Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die Weppie Preppie-kleuterskool het verlede Donderdag Hemelvaart gevier deur ballonne in die lug los te laat.
Dit was ’n koel maar sonnige 25 Mei in Graaff-Reinet toe Dr Ben van Tonder van die NG Grootkerk saam met die skool se kleuters en opvoeders bymekaar gekom het by die kleuterskool vir Hemelvaartdag.
“So baie mense vergeet dat dit Hemelvaartdag is omdat dit nie meer ’n openbare vakansiedag is nie,” sê skoolhoof Karin van Wyk.
"Die balonne het die simboliek van die dag - God wat na die hemel opgevaar het om ons plek daar by Hom voor te berei - vasgevang," voer sy aan.
Om die dag vir elke kleuter spesiaal te maak, het Dr van Tonder die betekenis agter Hemelvaart aan hul oorgedra en is elkeen bederf met 'n malvalekker.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'