GRAAFF-REINET NUUS — Die WE Pienaar Pre-primêre Skool, 'n kleuterskool in Graaff-Reinet, het vandeesweek hul splinternuwe resepteboek bekendgestel.
Die Weppie Preppie Resepteboek is die inisiatief van die skool se 'plaasmammas' wat dit as fondsinsamelingprojek vir die jaar aangepak het.
Die boek bevat die gunsteling disse van die mammas en oumas verbonde aan die skool en bestaan dit dus uit nastenby 200 bladsye se heerlike beproefde resepte.
Sekere is spoggerig, ander uit ‘n boek, en die res uit die hart!
Buiten dit, is die boek gevul met kos-prentjies geskets deur die kleuters self en verskyn daar 'n spog-foto van Weppie Preppie se 2016-leerders daarbinne.
Die boek is die ideale geskenk vir kosliefhebbers vir Kersfees en kan by die skool teen R100 per boek aangeskaf word.
Skakel die skool by 049 892 2643 tussen 8vm en 12nm op Maandae, Woensdae en Vrydae om jou kopie te bekom.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'