GRAAFF-REINET NUUS — Die AGS, Kairos-gemeente se Kinderkerk, onder leiding van Leticia Jenneke, het tydens 'n onlangse samekoms besluit om die kinders na Graaff-Reinet se Engelpark te neem vir 'n pret uitstappie.
Met hul aankoms by die park het hul egter gevind dat die area vuil en vol glasstukke is - dus nie veilig vir die kinders om in te speel nie. Papiere, plastieksakke en gebreekte drankbottels was oral gestrooi.
Jenneke en haar jong seun, Ryan - verbonde aan die Union-skool - het besluit om 'n plan te bewerkstellig om die park inderhaas skoon te kry. Jenneke en haar seun het sakke gereël en met die hulp van die Kinderkerk se kinders die park opgeruim.
Met dié aktiwiteit het die kinders dan geleer hoe belangrik dit is om die omgewing skoon te hou en om as 'n span saam te werk om die werk vining
gedaan te kry. Jenneke hoop ook dat hulle deur die skoonmaaksessie geleer het dat mens soms jou hart voor God moet skoonmaak om gelukkiger te lewe.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'