MIDDELBURG NUUS — Lizen Pienaar van Middelburg is onlangs gekies om die Junior Springbokspan vir saalperd ruiterkuns te verteenwoordig in Perry, Georgia, VSA.
Sy is een van ses driegang-ruiters wat Suid-Afrika in die VSA gaan verteenwoordig vanaf 30 Maart tot 7 April. Duitsland en Kanada sal ook deel uitmaak van die toetsreeks.
Lizen se liefde vir perdry het reeds nege jaar gelede in Middelburg begin. Sy is die kleinkind van Hennie en Elize van Zyl van Middelburg en ook Hennie en Leda Pienaar van Colesberg.
Alhoewel sy tans in Bloemfontein op skool is, neem haar trotse ouers, Jannie en Naomi Pienaar (Colesberg) haar gereeld vir afrigting na Sumarie Botha by Pearston waar haar perde ook op stal is.
Die perd waarop sy as Junior Springbok gekwalifiseer het heet "On the Edge".
'Ons bring jou die nuutste Middelburg, Karoo nuus'