GRAAFF-REINET NUUS — ‘n Mens werk hard, jy word moeg. Sit daarom ‘n bietjie geld opsy en bederf jouself of 'n geliefde met ‘n helikopterrit oor die Juweel van die Karoo.
Volgende Saterdag, 29 April, bied Fly Karoo Air Services 'n spesiale aanbieding aan vir Graaff-Reinetters wat graag 'n rit in hul helikopter wil ervaar.
Kaartjies vir 'n 5-minute rit om Spandauskop is beskikbaar teen slegs R300 per persoon terwyl kaartjies vir 'n 10-minute rit om Spandauskop, oor die Vallei van Verlatenheid en oor Graaff-Reinet se Perdeskoen jou slegs R600 per persoon uit die sak sal jaag.
Advertiser redaktrise, Mariëtte Burger, is onlangs deur Fly Karoo genooi om vroeg een Saterdagoggend saam met twee ander Graaff-Reinetters dié ervaring mee te maak.
Die drie passasiers ontmoet mekaar toe die oggend digby die Graaff-Reinet gholfbaan by Fly Karoo se landingsplek waar Franscois Fitzgerald, die vlieënier, hul vrolik inwag.
Hierna het hulle hul tuisgemaak in die luukse heli - 'n Robinson R66 - se gemaklike sitplekke.
Met die vooruitsig van ‘n opwindende helikopterrit in perfekte weer oor hul tuisdorp, verdwyn almal se bekommernisse by die helikopter se klein venstertjies uit.
Kort na die helikopter opstyg is die eerste ding wat die passasiers opval die talle skakerings van die groen plantegroei van daar bo af.
Binne minute trek die helikopter reeds bo Spandauskop en kort daarna vlieg dit oor die Vallei van Verlatenhied - 'n asemrowende uitsig.
Graaff-Reinet se Perdeskoen was volgende te besigtig en voorwaar 'n moet-sien! Fitzgerald maak van alles ‘n interessante storie vanwaar hy agter die stuur sit.
Op pad terug om te gaan land kan almal nie uitgepraat raak oor hoe prentjie-mooi alles wat daar ver onder ‘n mens lê vanuit die helikopter vertoon nie.
Wat ‘n adrenalien belaaide ervaring om die dag mee af te skop!
• Bespreek jou sitplek vir Saterdag, 29 April, vandag nog by bookings@flykaroo.co.za of by 064 751 6609 om dit self te beleef!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'