GRAAFF-REINET NUUS — 'n Nuwe jaar beteken vir baie mense 'n nuwe begin, wat glad nie anders was vir die nuwe Graad 8's wat by Hoër Volkskool aangesluit het nie.
Hul hoërskool loopbaan het afgeskop met 'n kamp wat propvol opwindende aktiwiteite ingesluit het - die leerders het vir hulself 'n tentedorp geskep waar hul saam met die leerlingraad oornag het.
By dié kamp het hul meer geleer oor hoe dinge by Hoër Volkskool werk en sommer gou die onsekerheid oor die nuwe skool afgeskud.
Elke nuwe Graad 8-kind het ook 'n 'Ma' of 'n 'Pa' in die skool gekry saam met wie hul piekniek gehou het om mekaar beter te leer ken.
Hulle het ook kans gekry om hul danspassies ten toon te stel by die sokkie, met die tema Monster Inc.
Die verwelkomingsweek is afgesluit met 'n konsert, waar die skool se nuwe onderwysers ook welkom geheet is.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'