GRAAFF-REINET NUUS — ‘n Mens hoor dikwels die KykNet advertensie vir hul spelkompetisie wat begin met: “Jy moet jou ouers waar deer / waardeur / waardeer …”
Net soos KykNet wat met hul kompetisie iets aan die volk se powere spelvermoë probeer doen, probeer Afrikaans-onderwysers om die leerders in hul sorg bewus te maak van die waarde van korrekte spelling.
Boonop word die vernuf speel-speel aangeleer!
Die WOW-spelfees is op 23 Augustus by Laer Volkskool op Graaff-Reinet gehou.
Die kompetisie is nou baie goed gevestig en lok wye belangstelling van die laer- en hoërskole in die Graaff-Reinet Onderwysdistrik. Die spelfees is verlede jaar vir die eerste keer by Spandau Sekondêre Skool gehou.
Die WOW (Woorde Open Wêrelde)-projek is daarop gemik om leerders se spelling te verbeter. Dit is geïnisieer deur Peter Loxton, ‘n oudleerder van Spandau SS en tans verbonde aan die Universiteit van Stellenbosch se Woordfees.
Die volgende leerders was die wenners in hul onderskeie grade en het toekennings ontvang:
•Graad 1: 1. Shanique Wevers, 2. Jaymee Barnard en 3. Izelle Erasmus (almal van Laerskool Jansenville)
•Graad 2: 1. Zenobia Homveld, 2. Alet van Wyk en 3. Elzahn Dinjana (almal van Laer Volkskool)
•Graad 3: 1. Nicolene Bezuidenhout (Laer Volkskool), 2. Cameron van Heerden (Lingcom Primêr) en 3. Lakeisha Makwena (Ryneveldt Primêr).
•Graad 4: 1. Freddie van der Mescht (Laer Volkskool), 2. Anya Cornelius (Laerskool Gill) en 3. Adriaan Blignaut (Laer Volkskool).
•Graad 5: 1. Tanel Troskie (Laerskool Gill), 2. Shamika van Rooyen (Graaff-Reinet Primêr) en 3. Michael Cronje (Laer Volkskool).
•Graad 6: 1. Chloé Stannard (Laer Volkskool), 2. Ruan Deysel (Laer Volkskool) en 3. Kyla Makwena (Graaff-Reinet Primêr).
•Graad 7: 1. Milah de Klerk (Laer Volkskool), 2. Sydney Mdhuli (Graaff-Reinet Primêr) en 3. Chanté Bosch (Kroonvale Primêr).
•Graad 8: 1. Lorinde Booysen, 2. Siyamthanda Jack en 3. Renito Ligman (almal van Spandau SS).
•Graad 9: 1. Wayne Jaftha, 2. Jeneveve Vers en 3. Maurice Conradie (almal van Spandau SS).
•Graad 10: 1. Dillon Hendricks, 2. Caley Niemand en 3. Sadé Jaftha (almal van Spandau SS).
Die Provinsiale-kompetisie word op 3 September by die Missionvale Kampus van NMMU gehou.
Die organiseerders van die kompetisie bedank graag al die skole, leerders, onderwysers en organiseerders wat bygedra het om van die spelfees ‘n sukses te maak en wens so ook die wenners geluk! Die hoop word uitgespreek dat dit met die Graaff-Reinet deelnemers baie goed sal gaan in Port Elizabeth en dat die kompetisie elke jaar aan meer skole en leerders die geleentheid sal gee om hierdie belangrike vaardigheid te slyp.
Is dit nou “waardeur” of “waardeer” of “waar deer”?!
Vyf-en-twintig leeders van Laer Volkskool het aan die WOW-spelfees deelgeneem.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'