GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet is genomineer as semi-finalis in die Kwêla Dorp van die Jaar 2017-kompetisie.
Graaff-Reinetters kan seker maak dat die hele land regop sit en kennis neem van ons unieke dorp in die Oos-Kaap.
Al wat nodig is, is dat inwoners ‘n SMS met 'Graaff-Reinet' stuur na 33157, en dat elke inwoner hul vriende en familie motiveer om dieselfde te doen.
Stemlyne is oop tot Dinsdag, 21 Maart om 12:00. Slegs 30 sms’e per selfoonnommer word toegelaat, teen R1,50 per sms.
Begin sommer nou al stem, die tyd is min!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'