GRAAFF-REINET NUUS - Graaff-Reinet-inwoner Corne van Rensburg het onlangs sy B Ed Intermediere en Senior Fase-kursus suksesvol deur UNISA voltooi.
Tydens sy studies het hy sy internskap by Laer Volkskool gedoen en is hy tans onderwyser by die skool waar hy sy passie in die lewe uitleef.
Hy het sy studies in November 2016 voltooi met die gradeplegtigheid wat op 19 Mei dié jaar in Oos Londen gehou is.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'