GRAAFF-REINET NUUS— Almal word hartlik uitgenooi na die Kerssangdiens, “Eer aan God”, Sondagaand, 27 November, om 6nm in die kerkgebou van die NG Nuwekerk-gemeente, te Caledonstraat, Graaff-Reinet.
Benewens hartlike samesang, word die aand ingekleur deur die optrede van die Graaff-Reinet Koor begelei deur die bekwame orrelis Noël-Jean Creil.
Kom geniet ’n aand saam met mede-gelowiges en sing hartlik saam tot eer en verheerliking van God.
Ná afloop van die verrigtinge kan almal saam tee, koffie en verversings geniet.
Vir meer inligting, skakel die Ds Trix Truter by 049 892 3165.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'