Gallery
SUID-KAAP NUUS - Joernaliste verbonde aan Group Editors het verlede Donderdag en Vrydag (9 en 10 Maart) fotografie-opleiding van die bekende fotograaf, Hennie Homann ontvang.
Die opleiding het in George, by die Botaniese Tuine plaasgevind.
Homann het fotografietegnieke, die korrekte manier om met 'n kamera te werk, asook fyner punte rakende die kuns rondom die verskillende soorte foto's waarmee joernaliste daagliks gemoeid is, behandel.
Joernaliste en redakteurs van Suid-Kaap Forum, George Herald, Mossel Bay Advertiser, Knysna-Plett Herald, Graaff-Reinet Advertiser en Oudtshoorn Courant het die opleiding bygewoon.
'Ons bring jou die nuutste Karoo, Hessequa, Tuinroete nuus'