GRAAFF-REINET NUUS — Groot was die opwinding van die Weppie Preppie-leerders na die onlangse vakansie met die aanbring van 'n splinternuwe karretjie-rybaan op dié kleuterskool se speelgronde.
Daar het omtrent 'n atmosfeer van opgewondenheid geheers toe die kleuters vir die eerste keer die speelplek kon benut.
"Die blink ogies van groepies leerders wat met die karretjies op die baan kon ry - kompleet met brrm-brrm geluide - was voorwaar 'n riem onder die hart," sê skoolhoof Karin van Wyk.
Na die voltooïng van die baan is daar houtkarretjies vanaf Brrm - Brrm Houtspeelgoed aangeskaf en is daar tot spesiale klerepakkies gekry dat die leerders soos polisie- en verkeerskonstabels onder andere kan aantrek.
Die skool bedank graag al die donateurs, helpende hande en borge wat dit moontlik gemaak het.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'