Breaking News Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - 'n Reuse brand het gisteraand, Maandagaand, 20 Maart, in Graaff-Reinet se sakekern uitgebreek.
'n Groot deel van die gebou van Mark van die Huisvrou in Kerkstraat is in puin gelê.
Plaaslike brandbestryders was kort na die ontstaan van die brand op die toneel en het hulle dadelik ingespring om die vuur, wat toe reeds deur die hoë dak gelek het, te blus.
Die oorsaak van die brand is nog onbekend.
Meer inligting volg soos dit bekend is.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'