GRAAFF-REINET NUUS — Die dorp se probleemagtige Bergpad en Piekniekbos gaan voorts gesluit word.
Dié twee gebiede is seker van die mees populêre ontspanningsgebiede wat Graaff-Reinet oor beskik, maar word dit daagliks deur rommesltrooiers bemors.
Nick de Goede, bestuurder van die Camdeboo Nasionale Park, het ongeveer drie maande gelede 'n waarskuwing aan die Graaff-Reinet-publiek uitgereik (wat op die voorblad van die Advertiser verskyn het) dat sou die morsjorse nie ophou met dié dade nie, toegang tot die gebiede verbied sou word.
Die stryd het net te groot geword om die areas skoon te hou.
Na die mees onlangse vergadering van die Park Forum - ‘n komitee wat bestaan uit verteenwoordigers en belanghebbendes vanuit die hele gemeenskap - het die bestuur besluit om in te gryp en word daar dus nou kennis verstryk dat die Mountain Drive-wandelroete - soos dit plaaslik bekend staan - vanaf 12 Junie vir voertuie gesluit sal word. Drawwers, stappers en fietsryers sal steeds hiervan gebruik kan maak.
Die Piekniekbos-area, geleë op die oewer van die Nqwebadam langs die R63 na Murraysburg, sal deur die werksweek gesluit wees, maar op naweke (van 8vm tot 5nm) oopgestel word aan die publiek teen 'n fooi per persoon en voertuig wat dit gebruik. Sou dit na 'n tyd finansieël onbenullig wees, sal dit geheel en al gesluit word vir die publiek.
Diegene wat meer hieromtrent verlang, kan De Goede skakel by 049 892 3453.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'