GRAAFF-REINET — ’n Bekende inwoner van Graaff-Reinet, Tinus Verwey, is Vrydag na ‘n diens in die NG Grootkerk te ruste gelê.
Verwey se skielike heengaan op Dinsdag, 4 April, op die ouderdom van 47 word betreur deur sy vrou, Hannelie en drie kinders, Martin, Thinus en Johané.
Hy en Hannelie het ongeveer 12 jaar gelede inwoners van die dorp geword waar hy die onderneming Philtins Juweliers begin bedryf het.
Verwey was 'n passievolle hengelaar en het die stigting van die Camdeboo Hengeklub bewerkstellig. Hy het dan ook as die klub se voorsitter gedien ten tye van sy dood.
Verwey se dood laat 'n reuse-leemte in die lewens van sy vriende en familie.
Die familie spreek graag hul dank uit teenoor die lede van die Camdeboo Hengelklub en die gemeenskap vir die bydraes en ondersteuning in die moeilike tyd.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'