GRAAFF-REINET NUUS — Brendon Daniels is aangestel as die nuwe adjunkhoof van die Asherville Sekondêre Skool in Graaff-Reinet.
Daniels is al vir 33 jaar deel van die skool en dit is ook hiér waar hy sy hoërskool loopbaan in 1989 voltooi het.
Na sy hoërskooldae het hy aan die Universiteit van Kaapstad studeer waar hy in 1993 sy BA en HOD voltooi het.
Daniels skop sy onderwysloopbaan toe by sy alma mater af waar hy sedertdien al by elke moontlike aktiwiteit wat die skool aanbied betrokke was.
In 2010 voltooi hy sy Honneursgraad aan die NMMU in Skoolontwikkeling - hy verwerf kort hierna ook sy Meestersgraad in Opvoedkundige Sielkunde.
In 2016 word hy aangestel as Departementshoof: Wiskunde Geletterdheid en is hy onlangs aangestel as adjunkhoof van die skool wat hy al so lank dien.
Die skool se bestuur, onderwysers en leerders wens hom voorspoed toe in die nuwe uitdaging.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'