GRAAFF-REINET NUUS - Die Karoo Drie Pieke-uitdaag is onlangs deur Toerboer van stapel gestuur. Die idee was om drie van die hoogste bergpieke in die omgewing van Graaff-Reinet oor drie dae te klim.
Met die eerste probeerslag het die weer nie lekker saamgespeel nie en kon die groep klimmers nie die eerste piek, Nardousberg, bestyg nie.
Oor die volgende twee dae het hulle egter die Kompasberg, teen 2 504 m bo seespieël en ook die tweede hoogste berg in die Oos-Kaap, en Toorberg, ook in die Sneeubergreeks, geklim.
Kompasberg se groep stappers het uit die Marais-susters van Johannesburg - voorheen van Steynsburg - Jana en Marica, en Ulrich Schutte en Dawid de Wet van Graaff-Reinet bestaan.
Dawid de Wet van Toerboer het die volgende dag twee stappers, Simon McGregor en Jane Povey van Australië, wat tans in Zambië werk, saamgeneem na Toorberg.
Toerboer is ’n toeroperateur van Graaff-Reinet wat begeleide toere deur Suidelike-Afrika reël en sedert die Covid-19- inperking sterker fokus op die omgewing van Graaff-Reinet plaas.
Toerboer bied onder andere stap-, bergfiets- en kamptoere aan.
Ulrich Schutte het saam met die Marais-susters, Jana en Marica, en Dawid de Wet Kompasberg uitgeklim.
Jana en Marica Marais sit hier tevrede op die kruin van Kompasberg.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'