GRAAFF-REINET NUUS - Drie leerders van Graaff-Reinet Primêr het aan die onlangse SA junior skaakkampioenskappe deelgeneem.
Altesaam 2 500 skaakspelers het in die kompetisie, wat van 15 tot 22 Desember in Johannesburg plaasgevind het, teen mekaar meegeding.
Bongani Finnis, Tenasa Meyer en Siposethu Fortuin het hulself baie goed van hul taak gekwyt en het die groot uitdaging met baie ywer aangepak.
Die skool is baie trots op die drie leerders en glo dat die blootstelling wat hul deur middel van deelname aan dié kompetisie ontvang het, van onskatbare waarde vir hulle sal wees.
Die leerders se ouers, asook die skool se bestuur, bedank graag vir Montego Pet Nutrition sowel as Hanli Rose-Innes vir hul bydrae tot die onkoste van die kinders se deelname in Johannesburg.
Tenasa Meyer.
Siposethu Fortuin.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'