Gallery
GRAAFF-REINET NUUS - Die matriekuitslae is Dinsdagoggend landswyd met ingehoue asems ingewag, maar dit blyk Graaff-Reinet en omgewing se klas van 2020 het, ten spyte van moeilike omstandighede, oor die algemeen goed presteer.
Teen saktyd het die Departement van Onderwys nog nie vir ons die amptelike resultate van die skole verskaf nie, maar ons het die skole gekontak, en meeste skole het hulle slaagsyfers met die Advertiser gedeel.
Die topmatrikulant van 2020 op Graaff-Reinet is Katherine Imrie van Union High, wat 'n gemiddeld van 87,43 behaal het en 7 A's. Geluk, Katherine!
Met die uitsondering van Asherville Sekondêr is al die nr. 1 presteerders van die skole op die voorblad, van die Evageslag.
Hoër Volkskool
Hoër Volkskool op Graaff-Reinet spog met die hoogste slaagsyfer op die dorp - 96,6%. Die toppresteerders is Karen van den Berg en Juryna Fourie - gelyk in eerste plek met 84,57% en Sanmari de Goede volgende met 'n gemiddeld van 77,28%.
74% van die matrikulante kwalifiseer vir B-graadstudies.
Union High
Union High op Graaff-Reinet het 'n slaagsyfer van 96,5% en het 61 A-simbole ingepalm. Die toppresteerder van al die skole op Graaff-Reinet is Katherine Imrie van Union High met 87,43% en 7 A-simbole.
Sara Kingwill is tweede met 85,57% en 6 A-simbole en Laetitia Theron derde met 85,29% en 6 A-simbole. 80% van die matrikulante kwalifiseer vir B-graadstudies.
Nqweba Secondary
The principal of Nqweba Secondary in Graaff-Reinet, Mr Zolile Malotana, is very happy with the matric class of 2020 that attained a pass rate of 75,4%. The top performers are Yonela Mfuku with 78,43%, boasting 4 distinctions.
Gcina Patso has an average of 75,4% and 1 distinction and Sarah Sinxezi, attained an average of 71% and 3 distinctions.
Willowmore Sekondêr
Mnr. Henry Lekas, skoolhoof van Willowmore Sekondêr, sê hulle is verheug oor hul slaagsyfer van 68%. Die skool se toppresteerders is Jody-Lee Saptoe, Charney Kamfer en Lily Hendricks.
Spandau Sekondêr
Spandau Sekondêr op Graaff-Reinet het 'n slaagsyfer van 45,61% en verskeie individuele vakprestasies. In verbruikerstudies het 100% van leerders geslaag, met 'n slaagsyfer van 99,1% vir Engels addisionele taal en 93,75% vir toerisme.
Toppresteerders is Ashanté Williams met 'n gemiddeld van 72,2% en 5 vakke bo 70%, Elzana Dolf met 'n onderskeiding in geskiedenis en Clive Riegaardt met 'n onderskeiding in wiskundige geletterdheid.
Die skoolhoof, mnr. Mackelina, sê die uitdagings het die beste in leerders na vore gebring.
Sara Kingwill van Union High het 'n gemiddeld van 85,57% en 6 A's.
Asherville Sekondêr
Die slaagsyfer van Asherville Sekondêre skool op Graaff-Reinet is 35%. Volgens mnr. Loy Bosch is dié lae slaagsyfer onverwags, en is hy teleurgesteld nadat soveel opgeoffer is gedurende die onseker Covid-19 tydperk.
Ten spyte daarvan is die skool baie trots op hulle toppresteerder, Kenan Daniel Plaatjies wat spog met 'n gemiddeld van 81% en onderskeidings in 5 van sy 7 vakke.
Hy gaan onderwys by die Nelson Mandela Universiteit studeer en beoog om te spesialiseer in wiskunde en wetenskap. Jerome Jayden Masimela het 'n gemiddeld van 71% met 'n onderskeiding in geskiedenis. Jerome gaan onderwys aan die Universiteit van Johannesburg studeer en in tale spesialiseer.
Die skole in Steytlerville, Jansenville, Klipplaat en Aberdeen se resultate sal aanlyn verskyn sodra ons dit ontvang.
Laetitia Theron
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'