MIDDELBURG NUUS — 'n Vlak 1- en 2-noodhulpkursus is van 21 tot 23 Februarie deur Johan Smit van Graaff-Reinet by die Primêre Skool Karel Theron aangebied.
Die 3-dae lange kursus is deur 15 kursusgangers bygewoon: nege van die kursusgangers was leerkragte van Karel Theron by name Jackie Herselman, Nicolé Kahts, Maryke Venter, Shané van Dyk, Nadia van Zyl, Melodie Allers, Morné Naudé, Jeswin Meyers en Juan van der Merwe.
Megan Joubert en Didreck Meyburgh van Hoërskool Middelburg, Osmond Boysen en Judie Mzinjani van Sasol (Volkstud Motors), leerkrag G Latola en twee leerders Sheila-Maree Meyer en Rolyn Smith van Middelland Senior Sekondêre Skool asook Johan Appelgrein het die kursus bygewoon.
Die noodhulpkursus het bestaan uit take, prakties asook die skriftelike noodhulpeksamen aan die einde. Daar is ook laat nagte aan take en prakties gewerk. ‘n 100% slaagsyfer is behaal en verdien al 15 kursusgangers dus hul sertifikate wat uitgereik word deur die Suid-Afrikaanse Noodhulpliga.
Daar word reeds weer ‘n Vlak 1- en 2-noodhulpkursus vir later in die jaar beplan. Merk reeds die week van 20 Junie in u dagboek en skakel gerus vir Karel Theron vir enige navrae!
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'