Update
TYLDEN NUUS - Lede van die blitspatrollie het verlede week vier mans in hegtenis geneem nadat hulle na bewering gesteelde vee probeer verkoop het.
Volgens kapt. Ursula Roelofse, polisiewoordvoerder, poog die SAPD voortdurend om veediefstalsake onmiddellik op te volg.
"Lede van die Mlungisi-blitspatrollie-eenheid, in samewerking met die misdaadintelligensie-eenheid het die afgelope week inligting ontvang dat vermoedelik gesteelde vee verkoop word. .
"Die lede het onmiddellik gereageer en kon daarin slaag om twee verdagte voertuie, 'n Avanza en 'n VW Polo met vier verdagtes af te trek. Die verdagtes, tussen die ouderdomme van 25 en 52 jaar oud is gearresteer en 11 gesteelde skape, asook drie karkasse van geslagte skape is uit die voertuie verwyder.
"By nadere ondersoek is vasgestel dat die skape in die Tylden-omgewing gesteel is."
Volgens Roelofse is die Tylden-stasiekommissaris gekontak en 'n plaaseienaar het die skape as sy eiendom geïdentifiseer.
Die gesteelde vee wat deur die polisie gevind is.
'Ons bring jou die nuutste Tylden, Karoo nuus'