MIDDELBURG NUUS — Die 101-jarige Katriena van Loggenberg, langslewende lid van die ATKV, het Afrikaanse boeke wat sy met haar jaarlikse ATKV-sjiengeling gekoop het, oorhandig aan Milda van der Vyver, skoolhoof van die Primêre Skool Rosmead.
Van Loggenberg is ‘n inwoner van Huis Karee tehuis vir bejaardes en woon ook nog gereeld die ATKV Rhenosterberg Takvergaderings by.
Met hierdie mooi gebaar wil die ATKV graag Afrikaans-lees bevorder onder die kinders in die plaaslike skole. Lekkerlees Afrikaanse-boeke is een van verskeie voordele wat ATKV-lede jaarliks geniet.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'