TUINROETE | KAROO NUUS - Group Editors ondersteun die Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT) se Woord van die Week-inisiatief.
Om 'n woord te borg, besoek www.wat.co.za
suisel
suisel (sui-sel) ww., het gesuisel; byv. en byw. suiselende, suiselend. (verhewe; minder gebruiklik) Saggies suis of ritsel: In dorre blare suisel die wind (Goethe in P.J. Nienaber: Verh. Verse, 1948, 231).
'n Warm lenteluggie suisel oor die bosweiveld en sy bewoners (F.J. Eybers, verw.: Hemelvolk, 1935, 112). Hy hoor haar (Rikki se) rok vir laas nog suisel. Dan verdwyn sy (W.A. de Klerk: Komedie, 1955, 76).
sui'seling s.nw.
‘Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Hessequa, Karoo nuus’