Advertorial
SAKENUUS - Die ontwikkeling van die splinternuwe leefstyloord (Ellenrust) op Stilbaai is volstoom aan die gang en die omgewinggoedkeuringproses behoort in Junie afgehandel te wees.
Hierdie projek word in drie fases gebou en 42 enkeltitel-erwe sal teen einde April 2021 vir okkupasie beskikbaar wees.
Die ontwikkelaars van die projek, De Villiers en Liesl Neethling is albei gekwalifiseerde bourekenaars en het reeds 20 jaar ervaring in dié bedryf.
Tot op hede was hulle reeds by verskeie suksesvolle ontwikkeling in die Suid-Kaap betrokke. Volgens De Villiers is Ellenrustleefstyloord sonder twyfel hul opwindendste bouontwikkelingsprojek tot dusver sedert hulle in 1998 hul eerste ontwikkeling (Klapperbosrant) die lig laat sien het.
"Stilbaai is 'n baie veilige kusdorp met 'n stabiele munisipaliteit en na 'n behoeftebepaling het ons besluit om 'n moderne en bekostigbare leefstyloord in hierdie omgewing te bou om ons kopers se goue jare, hul beste jare te maak.
"Aftreeoord-ontwikkelings is tans een van die snelgroeiendste beleggings en dit dui aan dat die ekonomiese klimaat geskik is vir hierdie tipe ontwikkeling. Voornemende kopers soek na 'n veilige belegging en gemoedsrus. Hierdie aftreeoord bied presies dit.
” Die ontwikkeling bestaan uit 128 enkeltitel erwe wat met 'n volledige versorgingseenheid (24 uur mediese sorg en toesig) toegerus sal wees. Om seker te maak dat voornemende kopers se huise aan hul individuele vereistes voldoen, is daar ook 10 verskillende ontwerpe om van te kies.
Pryse vir die wooneenhede begin vanaf R 1 286 804 afhangend van die grootte erf en tipe eenheid. 'n Bedrag van R20 000 terugbetaalbare deposito is betaalbaar tydens die teken van die koopooreenkoms.
Ellenrust-leefstyloord verseker ook uitstekende bykomende fasiliteite wat 'n biblioteek, kombuis, administrasiekantoor, ontspanning- en eetsaal insluit.
Belangstellendes kan Petro de Jager (projekbemarker) by 066 354 0183 kontak.
'Ons bring jou die nuutste Tuinroete, Karoo, Hessequa nuus'