GRAAFF-REINET SAKENUUS — "As dit nie vir koffie was nie, sou ek geen persoonlikheid gehad het nie" - David Letterman
Ja nee, dit verstaan enige koffieliefhebber net te goed.
By die Seattle-koffiekroeg binne in die Freshtop-geriefswinkel by College Motors Caltex Graaff-Reinet maak die span baristas 'n besonderse lekker koppie boeretroos. Dié koffiekroeg, wat reeds sedert Augustus 2016 in Graaff-Reinet sake bedryf, is 'n stewige gunsteling onder die dorp se inwoners.
Hul verskeidenheid koffies bied iets vir ieder en elk - van 'n 'Baby Foam'-item, bestaande uit 'n halwe koppie melk-skuim met 'n skeut van sjokolade vir kleuters, sowel as die gewone Expresso-gebaseerde drankies soos jou botterkaramel lattes, koue koffies of koue alternatiewe, soos 'n Berry Freeze - daar is beslis iets vir oud en jonk.
Die koffiekroeg is 24-uur-'n-dag oop met hoogs-opgeleide baristas wat kliënte dag of nag sal bystaan. By Freshstop word lojaliteit ook beloon, dus, met elke Seattle Coffee Company koffie wat aangekoop word, word kliënte 'n punt toegestaan.
Met elke 10 punte verdien, kwalifiseer die kliënt vir 'n gratis Seattle Coffee Company-drankie wat landwyd aflosbaar is. Koffieliefhebbers kan dan ook 'n R2 afslag op hul koppie koffie kry indien hul hul eie koppie inbring, Seattle Coffee Company s'n, of andere. Indien jy reeds by die Seattle-koffiekroeg 'n draai gemaak het, hoef jy nie oortuig te word om wéér jou koppie daar te kry nie, hoe dan nou anders?
As jy nog daar moet uitkom, moenie op jou laat wag nie, jy weet nie wat jy mis nie…
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'