Advertorial
GRAAFF-REINET SAKENUUS - Die pas afgelope Saterdag, 1 September, het Salon Continental onder nuwe bestuur wéér sy deure vir die Graaff-Reinet-publiek oopgegooi.
Dié salon is al 'n instelling in die dorp, met 'n trotse geskiedenis wat oor etlike jare strek.
Salon Continental, geleë by 24A Kerkplein, Graaff-Reinet, word reeds sedert 1956 op dié einste perseel as 'n haarsalon in die dorp bedryf.
Toe Francois en Joey Theron die gebou as nuwe eienaars in 1963 oorgeneem het, het Joey, wat reeds werksaam in die salon was, die stuur van sake oorgeneem.
Die naam 'Salon Continental' is toe voorgestel deur Dr Jack Laubcher sr.
Joey het die salon tot en met haar dood in 1996 bedryf.
Die besigheid het oor die jare wat gevolg het na haar dood bly voortbestaan as haarsalon.
Toe Mona Joseph, die mees onlangse eienaar, einde Julie dié jaar bedrywighede by die salon gestaak het, het Uysela du Toit die geleentheid aangegryp om haar eie salon in die hartjie van Graaff-Reinet te bedryf.
Uysela het groot geword op die plaas, Brookfield, in die Murraysburg-distrik en is sy 'n oud-leerder van die Volkskole.
Nadat sy in 2013 gematrikuleer het, het sy haarself as haarstilis in Potchefstroom bekwaam en in 2015 haar diploma daarin verwerf.
Dit is reeds sedert haar kinderjare Uysela se droom om haar eie salon te bedryf en gewapen met 'n passie vir hare en skoonheid, het sy dit haar strewe gemaak om dié doelwit te bereik.
Nadat sy vir 'n tyd ondervinding as haarstilis op 'n passasierskip opgedoen het, en meer as 40 lande in die proses besoek het, het Uysela na Graaff-Reinet terug gekeer om dié droom te bewaarheid.
"Ek was geweldig bevoorreg om die wêreld te kon gaan toer, en alhoewel ek omtrent al wat 'n kontinent is besoek het, het my hart steeds gehunker na Suid-Afrika," meen Uysela.
"Ek is ongelooflik trots om my loopbaan as die nuwe eienaar van Salon Continental voort te sit en sien geweldig baie uit daarna om die Graaff-Reinet publiek te bedien," voer sy aan. "Niks sou natuurlik sonder my ouers Michau en Pollie du Toit moontlik gewees het nie en ek bedank hul vir hul bystand."
Uysela nooi graag alle ou en nuwe kliënte van Salon Continental uit om hulle te besoek. - hier kan kliënte verseker wees van kwaliteit haarsorg verseker wees.
Alhoewel Salon Continental met 'n vars nuwe voorkoms spog, kan getroue kliënte van oor die jare heen steeds die vriendelik gesig van Sarie Vrolik, wat reeds vir 34 jaar as assistent by dié salon werksaam is, daar verwag.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'