Advertorial
GRAAFF-REINET SAKENUUS — Die alombekende Midland Auto, die Ford handelaar op Graaff-Reinet, het onlangs groot nuus bekend gemaak.
Bo en behalwe dat die onderneming ‘n naamsverandering ondergaan, gaan dit ook na ‘n nuwe perseel skuif.
Midland Auto sal eersdaags as Karoo Ford bekend staan.
“Ons het besluit dat hierdie nou 'n gepaste tyd is om die naam te verander dat dit meer gepas is by ons groei, ons besigheidsprofiel en die mooi deel van die land waar ons so bevoorreg is om te woon en te werk. Wees dus op die uitkyk vir Karoo Ford wat eersdaags op ons voertuie en korrespondensie gaan pryk – maar wees verseker dat dié nuwe naam steeds ons ou waardes van uitstekende kliëntediens verteenwoordig,” sê Boertjie Oelofse.
As gevolg van Midland Auto se groei het hul ook besluit om uit te brei en ‘n nuwe perseel vir die onderneming aan te skaf. Die terrein, waar Karoo Ford in 2019 geleë gaan word, is langs Kollegeweg by die dorp se Aberdeen-ingang.
“Ons is opgewonde om die nuus te deel dat ons vroeg in 2019 na 'n nuwe perseel verhuis,” voer Oelofse aan. “Daar sal ons in staat wees om ons kliënte met ‘n hoër gehalte en meer effektiewe diens te bedien met beter werkswinkel geriewe, voldoende veilige parkering asook vertoonlokale vir nuwe en gebruikte voertuie. Ons gaan ook - gebasseer op internasionale standaarde - vir ons kliente 'n koffiekroeg-ervaring met gerieflike werkspasies en gratis internet toegang bied wat dit vir die publiek meer gerieflik sal maak om hul voertuighandelaar te besoek.”
Die onderneming bedank graag die gemeenskap vir die ondersteuning wat hul die afgelope twee en ‘n half jaar onder die stuur van nuwe bestuur geniet.
“Julle het ons in staat gestel om te groei en saam het ons die Ford naam hoog gehou - nie slegs in Graaff-Reinet nie, maar veel wyer te danke aan ons toewyding aan uitstekende kliëntediens asook die beste pryse op nuwe en gebruikte voertuie in die Karoo!” meen Oelofse.
“Ons het ook - danksy ons lojale kliënte, daarin geslaag om die gesogte Handelaar van die Jaar-trofee voor tientalle ander Ford-handelaars landwyd op te raap en stal dit tans trots uit op ons voertuie en in ons besigheid. 90% van hierdie toekenning is gebasseer op die gehalte kliëntediens en die kliënte se terugvoer daaroor aan Ford SA - daarom weereens - baie dankie!” sluit Oelofse af.
Midland Auto het skoonskip gemaak in verskeie kategorieë en word die volgende personeellede hartlik geluk gewens met hul prestasies:
- Boertjie Oelofse: Handelaar van die Jaar (kat E)
- Hannes Vorster: Diensafdeling - Algehele wenner vir Kliëntediens (CVP) van die Jaar (kat D)
- Rudi Liebenberg: Naaswenner - Verkoopsbestuurder van die Jaar (kat E)
- Marcel Meiring - Wenner - Verkoopsman van die Jaar - nuut en gebruik (kat E)
Boertjie Oelofse en Hannes Voster.
Dus, vir enige voertuig of diens navrae skakel gerus die volgende individue:
- Nuwe en gebruikte voertuie: Rudi (082 414 1829), Marcel (079 261 0401), Elias (082 474 6892), Deon (082 395 5878) of e-pos marcel@karooford.co.za
- Dienste en tegnies: Hannes of Natasja (049 891 0601) of e-pos service@karooford.co.za
- Algemene navrae of inligting: Boerjie (082 575 1790) of e-pos management@karooford.co.za
Midland Ford se verkoopspan: Deon Deetlefs, Elias Doch, Rudi Liebenberg en Marcel Meiring.
Hoe Karoo Ford se nuwe perseel in Kollegeweg in 2019 gaan vertoon.
'Ons bring jou die nuutste Graaff-Reinet, Karoo nuus'