Advertorial
GRAAFF-REINET SAKE NUUS - Erika Whyte, 'n bekende barbier wie se rooi en wit windmeul al 'n bekende landmerk in Graaff-Reinet se Kerkstraat is, het dié week weer haar onderneming se deure vir die publiek oopgegooi.
Die salon - Mister Cut - wat tydelik gesluit was terwyl Erika op kraamverlof was, se bedrywighede is nou weer in volle swang en sien Erika uit daarna om haar kliënte weer behulpsaam te wees.
Mister Cut bestaan reeds 5 en 'n half jaar en die meeste gereelde kliënte ken die salon as 'n plek waar oud en jonk wat deur die deure stap, voortreflike professionele diens kan verwag.
Oor die jare is die salon gevestig as 'n gerekende onderneming met kliënte vanuit 'n groot deel van die samelewing en is dit dikwels sommer 'n stilhouplek vir die hele gesin - van ouma en oupa tot die jongste boetie of sussie.
Mister Cut se deure open soggens om 08:30 Maandae tot Vrydae en 09:00 op Saterdae.
Dit het die gerief dat dit sentraal geleë is met goeie gesellige kliëntediens en uiters kompeterende pryse wat dit die ideale stilhouplek vir haarsorg behoeftes maak.
Mans wat die salon besoek kan verseker wees van flinke en gerieflike diens, wat dit moontlik maak om vinnig weg te glip oor 'n etensuur vir daardie allernoodsaaklike haar of baard se regknip. En ma's wat die kleintjies moet saambring, vind die omgewing kindvriendelik, met haarsnydienste vir die kleingoed teen sakpaspryse.
Om 'n afspraak te maak, is so maklik as om 049 891 1054 te skakel.
Barbier Erika Whyte en haar bekwame assistent, Jodi Lewack.